Van Genesis tot Openbaring, sluit die Skepper die vreemdeling in Sy huishouding wat Hom as God aanbid. Jesus is die Koning van die Jode, Heilige van Israel, die Een wat was en Is en gaan Wees, ‘n Hebreuse man wat kultureel nie boer-Afrikaans of Christen is nie. Hy is inderdaat die Hemelse Bedelaar wat al Sy kinders wys hoe om Hom te volg. Hy sien alles en weet alles. Hy sien hoe onberou die bokke bly.
Ek verstaan nou eers hoekom die Here so opgewonde was om ons in ballingskap na hierdie plek toe te stuur. Hy is die God van die wildernis en is intensioneel om spesifieke geestelike werk to volbring wanneer Hy jou trekpas gee. Dit sodat Sy roeping op jou lewe kan vervul word. Al het ons hoe ons beste voetjie voorgesit, die duiwel het ons nommer gehad. Rof soos bok-kniee is die vervalle staat van 'n mens maak nie saak waar jy op die aardbol bly nie. En toe is hier presies waar God gereken het, is ons tweetjies se perfekte plekkie om H E R L E W I N G te vind...
Dit was die terug-bid vir die vrees van God wat die reen van herlewing gebring het vir ons. 'n Mens kan nie se en maak soos jy wil nie, dis wat die duiwel in wese is. Die Vader het vir Jesus 'n wildernis, 'n Getsemane en 'n Judas gegee.
VOLG MY se Jesus
Wat bly van die mens oor sonder die Heilige Gees se invulling? ‘n Geskende beeld van ‘n Skepper wat nie alomteenwoordig is nie, wat nie almagtig is nie, wat nie bevoeg is nie, wat nie betrokke is nie, wat nie goed genoeg is nie, wat nie soos ander afgode is nie.
My weenklae het my barmhartige God gehoor. Ek gaan My Engel stuur om jou hele huis te besoek en vir jou te gee wat aan jou behoort, se Hy. Ek is jou Geregtigheid. Dit is My arm en My regterhand wat vir My die reg tot oorwinning uitbring.
Niemand kom eens agter dat Hy die stoor verlaat het nie. En as Hy nie daar is nie gaan ek ook nie daar wees nie. Wag, laat ek aanhou bid vir HERLEWINGS-REëN! Laat dit tog ordentelik ons uitgediende droeë skip deurtrek, die hout saf maak en een word met die kloofsand, want die ou skip kan nie die nuwe seisoen se seeninge hou nie, dit gaan ‘n Rooi Ferrari* vat om hierdie berge te omseil.
*Evangelistiese Bedienning
No comments:
Post a Comment