Eers net skietgebedjies as daar wolke in
die lug is. Tussen my kniee en die stof, begin ek te dors na Lewende Water.
Hierdie behoefte was nie in my siel met ons aankoms op die vervalle plaas nie. Naderhand
kom die smeekgebede van vergifnis oor die mense-gemors wat ons gekoop het saam
met die verdorring. Ons word verder getrap en ek leer hoe om vir ons
ongenaakbare bure te bid. Uiteindelik toe ek heeltemal plat is, sien gebede vir
Herlewing lig. Ek bid vir reën en Herlewing vir die hele kloof, vanaf die N9
tot die N2 in Jeffreys, vir 6 jaar nie verniet nie.
Saam met die seer kom ‘n groot hongerte na
geregtigheid. Hoe meer dinge ondenkend skeef loop hoe meer smag ek na helder,
helende Waarheid. Ons is verbeister deur die mense wat hulself oorgee aan skandelike
drifte soos dit in Afrikaans beskryf word. Ag en dit was nie lank nie toe kom
ek agter die locals het ons gemerk as inkomers. Aanvanklik word dit vermom as diegene
wat nie hier gebore is nie, maar eventueel blyk dit dat dit ‘n voorkeur van
geselskap is. Tog skuil die oorsprong van die ongeskrewe kulturele reg om te
kies wie is in en wie is uit, net onder die vel. Soos alles vat dit tyd om te
ontwikkel. ‘Geslote gemeenskap’ was vir my net artikel-woorde totdat my mooi
skip in ‘n dig-toe plek kom vasval het. Of die brandmerkery in lyn staan met die
Blye Boodskap of nie, mense wat spirituele blinheid kies sodat hul eie wil kan
geld, is sout wat laf word.
‘n Gesoute kerkganger weet dat die Bybel en
eie-kulturele maniere teenstrydig is, die punt van die evangelie. Albei kan nie
op dieselfde tyd die Waarheid wees nie. Al stem almal met mekaar saam en maak
dit so aanvaarbaar ondermekaar om die skyn van reg te hou. Hoe het dit dan gekom
dat die Blye Boodskap kultuurvreemd geword in hierdie kloof- woestyn? Vir alles
wat almal weet, lyk dit of daar nog nie ‘n besef is dat Jesus ‘n inkomer is
nie. Jesus hou geselskap met inkomers wat Sy kinders is. As jy hulle wegwys,
wys jy Hom weg. Die einste Koning van die Jode, Heilige van Israel, is ‘n
Hebreuse man wat nie ‘n boere, Afrikaanse Christen is nie, al dink sommiges
hulle het die Jode vervang in die Bybel. Hy is inderdaat die Hemelse Bedelaar
wat die klowenaars die pad wys hoe om Hom te volg. Hy sien hoe inkomers as
swart skape gereken word en waarop onberou gepen word. Die getroue Verlosser
wys Sy manier van dinge doen en stel Sy kerk gereeld voor ‘n keuse: as jy nie
vir My is nie is jy teen My. Volg My, doen dit op My Koningkryks-manier in die
tyd wat daar vir jou gegee is.
Jesus se manier was om die Heilige Gees as
ons voortdurende Metgesel te stuur as Heilige Deelnemer in mense se lewens. As
die Heilige Gees onteien word in ‘n geselskap, het Hy nie ‘n probleem as ‘n
onwelkome inkomer om die binne-kring te verlaat nie. As hulle Barnabas bo Jesus
gekies het, wie dink jy gaan hulle bo jou kies? En so wrintiewaar daar reën dit
op ‘n slag! Man, die natuur reageer met jubelsang en eer aan die Heerser, die
berge en bome basuin Sy eer uit, die rivier vloei met helder Lewe! Maar wat,
die mense bly onveranderd, of nee, ongesteurd in aandrang dat dit nie die
Skepper is wat aan harts-deure klop nie, dis net die natuur se manier. In
werklikheid versterk dit lawwe ongeloof en lei tot meer harteloosheid.
Die regverdiges vra dan,
"Wanneer het ons jou 'n vreemdeling
gesien en jou verwelkom?"
Christus antwoord,
"Voorwaar Ek sê vir julle, soos julle
dit aan een van die minste van hierdie my broers gedoen het, het julle dit aan
my gedoen."
Jesus het die diere met ‘n sweep uit die tempelforum
gejaag, wat die plek was waar die wêreld se nasies die God van Israel kon
aanbid as onbesnydenis. Die standaard is, hoe lyk die hart van God teenoor
diegene wat nie soos jy is nie. Van die begin af gee die Almagtige voorkeur aan
die buite-nasies wat nie deel is van Israel se binne-sirkel nie. Sy patroon om
die buitestaander en die swerfling hartelik binne te nooi en waarlik te
verwelkom, het oorsprong in Sy eie identitieit as verwerpte God. Daarom hou Hy
juis altyd ‘n deur oop vir almal. Deur Judah se ongeloof word die nasies ‘n
kans gegun om ingeënt te word as wilde olyf takke, en dit net binne ‘n beperkte
tydvlak. Die vaandel van handeldryf met toerisme-geld, is nie die wigpunt van
gasvryheid nie. Ter wille van geld het Judas Jesus verraai.
Die Vader stuur Jesus as ‘n soenoffer na elke
vervreemde nasie toe. Jesus daag op as inkomer met ‘n huweliks-aanbod van Vrede
en Vryheid. Sy lewe vir joune. Dit is die Vader se Verlossingsplan dat Sy Seun
se Bruid bestaan uit elke nasie, stam, volk en taal. Dit is Sy droom vir elke
mens op aarde, om by Sy tafel in Sy Koningkryk aan te sit. Almal is genooi maar
nie almal verwelkom die Heilige Gees as geëerde gas nie. Ook nie Sy metgeselle
nie. Sonder die Dominus krag van die Heilige Gees as ongewenste vreemdeling, raak
die sout nutteloos en geskik vir uitgooi. Die mens kan nie in homself geloof
opwek nie. Hy kan nie self besef en sien hoe naak en leeg hy geword het teenoor
die mense wat God na hom toe stuur juis hieroor nie, want wat sien hy nou
eintlik?
Magriet het uitbundig vir my gesê, ‘ag
moenie worry nie, ons is al 30 jaar hier en nog steed inkomers! Leef oor dit’.
En sowaar sy en Piet het hulle lewens geien in die kloof, sy het nie geskroom om
op te staan en gereken te word tot by haar strydpunt nie. Soos Griet, het Paulus
talle gevare trotseer. Al sy seereise was nie net verfrissende briese en
uitgestrekte horisonne nie. Hy het 3 keer skipbreuk gely en ’n hele nag en dag
op die oop see oorleef. Op ‘n dag ontmoet Paulus Sy Meester. Slegs toe hy sy eie krag heeltemal verloor het, het hy tot inkeer kom. Hy het nie geweet wat op hom wag ten einde die Blye Boodskap
van God se Koninkryk te verkondig nie, maar was bereid om teen al die voor-winde
te beur. Anders as Magriet hulle, is ons maar onlangs eers hier ingevoeg te
midde die aangaande kloof-storie, selfs tot ons verbasing! Ons ronde pen en die
vierkantige gat pas mekaar steeds nie. Ek vermoed die rede hoekom Hy ons hierna
toe trekpas gegee het.
Ek verstaan deur die Ou Testamentiese voorbeeld, dat spysoffers
aan God ook met sout moes voorberei word. Die simboliese betekenis spreek van ‘n
geestelike waarheid wat by die mens moes vestig dat God Gees is. Dit wat jy aan
God offer moet aanneemlik wees vir Hom as Heilige Gees. ‘n Offer is altyd duur. 'n Opoffering wat vir Jesus aanneemlik is, is ‘n besnyde hart wat wegstaan
van die eie-ek maniere. 'n Siel wat angstig dors en honger na Hom. Hy verduidelik Sy manier vir die wat Hom wil volg, wees bereid om sout te wees en dus as sout gebruik te word. In Sy tyd was een van die gebruike om fisies sout op menslike afval te gooi om dit te steriliseer. Die beeldspraak vra dat gesoutes die gevolge van morele verval en geestelike agteruitgang daadwerklik teenwerk. En as die sout nie meer lewensvatbaar is nie, is dit selgs van nut om buite Sy Koningkryk vertrap te word waar Satan di opperhand het. Satan is boos maar
nie dom nie. Hy is wetties tot in die fynste detail en vergeet nooit niks nie. Hy sal jou aanklae tot in die geringste. Net
soos God en die engele, is hy en die demone, geestelike wesens. Eenige gemeenskap
wat interne twis ontwikkel sal uiteindelik self vernietig. Selfs in Satan se
domein werk dit so. Hy is bo alles verbind tot sy eie selfbehoud en hou die
demone onder sy mag waar sy magdom nie bedreig of verminder word nie. En God haat die wat tweespalk veroorsaak en onderhou. Hoe
bekend klink dit?
En elke keer as die onreine geeste Hom
sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê:
U is die Seun van God!
Dit pas Satan uitstekend dat die Heilige
Gees ontken word want Hy is die krag van gelowiges om in Eenheid met hul Vader
te bly asook om met ander gelowiges in Eenheid te leef. En daar, die HereHere
vind groot behae in sout en in Eenheid!
Sela – staan stil en dink hieroor
Wanneer Eenheid in die Heilige Gees
verbreek word deur die enorme punt wat die inkomers-ysberg eintlik verklap, word
die werk van die Heilige Gees verwerp. Ondenkbaar dat God se voorsienning vir
Sy kinders verwerp word. Maar as jy nie ‘n kind is nie maak dit nie saak nie. Handelinge
is geskryf en ingesluit in die Volle Evangelie, vir die wat glo en wat kinders
wil wees.
7:7 Daar was 'n plaas in daardie omgewing wat aan die hoof van die eiland, 'n man met die naam Publius, behoort het. Hy het ons vriendelik ontvang en ons drie dae lank as sy gaste gehuisves. 8Publius se pa was in die bed, siek aan maagkoors. Paulus het na hom toe gegaan, en nadat hy gebid het, het hy hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
28:23 Van vroeg die môre tot laat die aand
het Paulus die koninkryk van God vir hulle verduidelik en hulle uit die wet van
Moses en uit die profete probeer oortuig van Jesus. 24Deur sy
uiteensetting het daar party oortuig geraak, maar ander wou nie glo nie. 25Hulle
was dit nie met mekaar eens nie en het weggegaan, maar Paulus het nog eers dít
vir hulle gesê:
“Hoe
waar is dit tog wat die Heilige Gees by monde van die profeet Jesaja vir julle
voorvaders gesê het! 26Hy het gesê: “Gaan na hierdie volk toe en sê vir
hulle:
Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan
nie; en kyk en kyk en tog niks sien nie. 27Hierdie volk se verstand is
afgestomp:
hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë
toegemaak,
sodat hulle nie met hulle oë kan sien en
met hulle ore kan hoor
en met hulle verstand verstaan en hulle
bekeer en Ek hulle gesond maak nie.
28“Julle moet nou goed verstaan dat God se
boodskap van redding na die heidennasies toe gestuur word. Húlle sal luister.”
Wat bly van die mens oor sonder God se Geestes
teenwoordigheid? ‘n Geskende beeld van ‘n Skepper wat nie alomteenwoordig is
nie, wat nie almagtig is nie, wat nie bevoeg is nie, wat nie betrokke is nie, wat
nie goed genoeg is vir die kloof nie, wat nie van ander afgode onderskei kan
word nie. Niemand kom eens agter dat Hy die stoor verlaat het nie. Wag, laat ek
bid vir HERLEWINGS-REëN om op my uitgediende droeë skip te val, die hout saf maak sodat dit kan een word met die kloofsand, want die ou skip kan nie die nuwe seisoen hou nie, dit gaan ‘n Rooi Ferrari* vat
om hierdie berge te omseil.
*Evangelistiese Bedienning